Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Tristia en haar Voyou" deur NP van Wyk Louw (met stuk biografie)
"Tristia en haar Voyou" deur NP van Wyk Louw (met stuk biografie) [boodskap #22647] Ma, 26 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
TRISTIA EN HAAR VOYOU
N.P. van Wyk Louw

Wat? Speel hy ballinkie in Pontus?
dit wil die Latiniste weet.
en: oor tegniek en oor "verband".
got laat ons dié vergeet.

"Jou laat ek buite die gesnot:
jy wag daar op die stoep, my teef!
ék: kwak-profeet der renommée
en balling van beroep."

Mag ek in hierdie kroeg praat?
ek mág? - wie gaan belet?
het iemand trug latyn teen my?
Nee? Mooi. "Kom hier, my slet.

Kom in hier. Brandewyn en bier.
En geen geweet en geen Latyn!
Vee die druppels uit jou kop uit.
Hullo, Tristia! Gaan dit fyn."

Dis miskien nuttig om te weet dat N.P. van Wyk
Louw gedurende die tydperk toe die gedigte in
die afdeling "Tristia" geskryf is, in Nederland
professor van Afrikaans was. Daarvandaan die
verwysing na "balling," meen ek. Hy reageer ook
in hierdie gedig, dink ek, op kritiek wat hy van
die kritici in SA kry oor sy werk. Dit is moontlik
ook relevant dat hy in hierdie tydperk 'n affair
het met Sheila Cussons, wat ook in Nederland is
as vrou van Stoffel Nienaber. (Sheila Cussons
was ook digteres in Afrikaans.) Cussons en Nienaber
se huwelik is deur hierdie affair vernietig. Stoffel
is daarna getroud met Miep Nienaber-Luitingh. NP
se huwelik dink ek het die affair oorleef.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Tristia" deur N.P. van Wyk Louw
Volgende onderwerp: "Bevrugting" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 02:43:27 MGT 2024